Welkom by Masincedane (Helpmekaar) klub

Masincedane is ‘n nie-winsgewende organisasie (NPO) en is geregistreer by die Ontvanger van Inkomste as ‘n artikel 18A organisasie Ons is ‘n werk- en sorgsentrum vir die erg verstandelik en/of fisiese gestremde volwassene tussen die ouderdom van 19 en 55 jaar. 

Masincedane het die volgende ten doel:

  • Om die lewenskwaliteit van sy lede te verbeter;
  • Om dit moontlik te maak om te deel in konstruktiewe en betekenisvolle aktiwiteite;
  • Om ‘n verskeidenheid vaardighede aan te leer om sodoende  aktief in die gemeenskap te kan funksioneer
  • Om ‘n versorgde omgewing te skep waarin hulle tuis kan voel;
  • Om ‘n groter publieke bewuswording van hul teenwoordigheid en behoeftes in die gemeenskap te skep; en
  • Om te pleit vir die beskerming van hul regte in die gemeenskap.

Masincedane word huidiglik gefinansier deur, 

  • ‘n minimale maandelikse bydrae deur die lede;
  • Plaaslike kerke

Bydraes deur plaaslike individue asook die openbare sektor 

Hierdie is ‘n geleentheid vir individue, besighede en ander instellings om betrokke te raak met diensbaarheid in die gemeenskap ten doel.

NPO: 152 – 157

SARS: RG/0018/02/07